algemeen

Ons kuier lekker voor en na kerk

Ds. Joggie kotzè

Ds. Joggie Kotzè is vir die afgelope 11 jaar leraar by Makoppa Kerk.  Hy geniet dit om sy Godgegewe talente uit te leef in hierdie plattelandse gemeente en het 'n hegte band met die gemeentelede.  Wanneer hy nie op die preekstoel is nie, werk hy as staalkunstenaar, of is hy 'n ywerige ondersteuner van sy 3 tieners en vrou, Eileen.

Hoe raak ek betrokke?

Daar is so baie geleenthede waarby jy betrokke kan raak.  Met 'n positiewe gesindheid kan jy 'n groot verskil in die kerk en plaaslike gemeenskap maak.

Jy kan betrokke raak by die volgende aktiwiteite:

-  Dameskring

-  Teebeurte

-  Gemeente etes

-  Bybelstudie

-  Kinderkerk

-  Jeugkerk

-  Oesprojek

-  Beesprojek

-  Thabazimbi Sopkombuis

lidmaatskap

Makoppa Kerk is 'n gemeenskapskerk wat dieselfde gebruike en tradisies volg as die NG Kerk.  Lidmaatskapvorms is beskikbaar by die kerk of jy kan vir Yolanda Kontak.